Laurika Rauch se stem het kwaliteite wat min kon ewenaar en haar musiekbenadering en insae in dié kunsvorm maak van haar een van Suid-Afrika se invloedrykste kunstenaars. Laurika se albumverkope is fenomenaal en vanaf haar deurbraak in die televisiereeks Phoenix en Kie met “Kinders van die wind” het sy haar naam op almal se lippe gevestig. Besoek gerus haar webtuiste
www.laurikarauch.com